Min skop, maar lekker


by Anton Pretorius, WineLand Magazine November 2021.

TERWYL DIE REGERING KORT-KORT DIE DRANKBEDRYF SE KRAANTJIE TYDENS DIE GRENDELTYD TOEGEDRAAI HET, WAS ALKOHOLVRYE WYNE SE WINSTE ’N LIGPUNT VIR PRODUSENTE IN MOEILIKE TYE. 

SOMMIGE MEEN DIÉ WYNE SE GEUR EN SMAAK LAAT NOG VEEL TE WENSE OOR IN VERGELYKING MET DIE WARE JAKOB. ANDER GLO WEER DAAR WORD GOEIE VORDERING GEMAAK.

Die oorsprong van Suid Afkrikaners se skyelike belang-stelling in alkoholvrye en lae-alkoholwyne bly ’n raaisel. Dalk spruit dit uit ons verlange na die smaak, emosionele steun vir die bedryf, die inperking en totale verbod op alkohol of bloot net uit nuuskierigheid. Hoe dit ook al sy, dit strook met ’n wêreldwye tendens onder jong mense om geheelonthouers te wees of om lae-alkoholdrankies te geniet.

Verbruikers se neiging om ’n meer gesondheidsbewuste leefstyl te volg is nog ’n uitvloeisel van Covid-19 en het wynprodusente genoop om alkoholvrye en lae-alkoholwyne (beter bekend as NOLO) by hul reeks in te sluit. Dit is terselfdertyd ’n geleentheid om die vervaardigingproses beter te verstaan.

Die alkoholvrye en lae-alkoholwynmark toon tans stewige groei, maar weens die smaaktekortkominge geniet dit nie dieselfde sukses as sy bier- en spiritus-eweknieë nie. Die wynmaakproses is kompleks en alkohol speel ’n gewigte rol in die produk se same- stelling.

Nie net proe wyn dunner sonder alkohol nie, dit is ook ’n goeie preserveermiddel. Lae-alkoholwyne hou nie so lank soos gewone wyne wat 12% alkohol bevat nie. “Die vrugtigheid ver- dwyn gouer,” verduidelik Marinda Kruger-van Eck, een van die eerste wynmakers in Suid-Afrika wat die tegnologie en prosesse rondom alkoholverwydering bestudeer en toegepas het. “Om ’n lae-alkoholwyn van gehalte te maak moet jou oorspronklike wyn goeie vruggeure bevat.”

VERSKERPING IN TEGNIEK

BevZero spesialiseer in alkoholverwydering en is ’n markleier in die verskaffing van tegnologieë en dienste vir alkoholverwyderings vir klein- en grootmaatproduksie. Hul mobiele GoLo-eenheid, die enig- ste van sy soort in Suid-Afrika, stel hulle in staat om alkoholverwy- dering by enige kelderperseel in die Kaapse Wynlande uit te voer.

Deur gebruik te maak van spinkeëlkolom- (spinning cone col- umn) tegnologie word klein fraksies van ’n volwaardige stilwyn deur die vakuumproses gesit. As ’n produsent byvoorbeeld 10 000 liter wyn met ’n alkoholvlak van 12-13% wil afbring na 8%, word slegs 4 000 liter van die wyn gebruik. Dit wat oorbly, wyn sonder alkohol en orige sure, tanniene en geurkomponente, word dan teruggesit in die wyn wat die alkoholvlakke verminder. Die proses word herhaal vir elke fraksie en aangepas tot feitlik nul persent.

BevZero se tegnologie bly indrukwekkend. Die sprong in die produksie van gehalte- alkoholvrye wyn word nie noodwendig toegeskryf aan nuwe ontwikkelinge in tegnologie nie, maar eerder ’n toename in wynmakers wat hul tegnieke aanpas in die kelder, sê Gustav Fouche, besturende direkteur van BevZero in Suid- -Afrika. “Die tegnologie was nog eintlik altyd daar. Ons sien net ’n meer gefokusde benadering onder wynmakers met die maak van alkoholvrye en lae-alkoholwyne. Wingerdboukundiges sal sê goeie wyn begin in die wingerd en dit geld ook vir goeie lae- -alkoholwyne. Net soos ’n goeie brandewyn gemaak word van ’n uitstekende basiswyn, moet lae-alkohol- en alkoholvrye wyn ook van uitstekende wyne berei word.”

Gustav en sy span bied produsente ook ’n konsultasiediens. Die grootste uitdaging lê dikwels by produsente se begrip en vermoë om die smaak en geur van die oorspronklike produk te behou ty- dens die alkohol-aanpassingsproses, sê hy. “Om die tekstuur, vol vrugtegeure en mondgevoel van die wyn te behou is makliker gesê as gedaan. Alkohol dra die wyn en sodra jy die alkohol verwyder, gooi jy die wyn van balans af.”

OM TE WYN, OF NIE TE WYN?

Twee sakevroue van Kaapstad het ’n aanlyn kleinhandelplatform geskep wat uitsluitlik fokus op die groeiende mark vir alkoholvrye drankies. Drink Nil is die breinkind van Caroline van Schalkwyk en Fiona Hilton, en is die eerste spesialisplatform van sy soort vir Suid-Afrikaners.

Dit bied ’n verskeidenheid alkoholvrye en lae-alkoholdrankies van groot gevestigde handelsmerke tot kleiner boetiekvervaardigers. Caroline en Fiona het lank hul oog op die mark vir alkoholvrye drank gehad en het in 2019 hulle hul kragte saamgespan om Drink Nil te loods. “Selfs voor die eerste inperking het ons on- gelooflike bewustheid van en aanvraag vir alkoholvrye en lae- -alkoholdrankies gehad, hetsy om leefstyl- of gesondheidsredes,” sê Fiona. “Dis ’n kategorie wat nog in sy kinderskoene is, maar dit toon geweldige groei.”

READ FULL ARTICLE